GRAAFF-REINET NUUS - Op Vrydag 12 Julie het die Wildehonde-fietsrygroep ‘n baie suksesvolle opleidingskliniek by Laer Volkskool aangebied.
Dusty Day, ‘n professionele fietsryer en eienaar van ‘n Cycles United-fietswinkel in Klerksdorp, was die gasspreker en ook opleidingsbeampte.
Hy is ‘n voormalige wenner van die 360NE, Karoo Burn, Ride-4-Sight en die huidige SA Cyclocross-kampioen is sy ouderdomskategorie.
Die kliniek het ten doel gehad om beginners en ook die meer ervare fietsryers die geleentheid te gee om meer ervaring en selfvertroue op te bou.
Tydens die kliniek is die volgende met die 40 fietsryers gedeel:
- Opwarmings- en afkoelingsoefeninge onder leiding van Suzanne Wessels (arbeidsterapeut) en Luzanne Snyman (fisioterapeut);
- Fietsryregulasies en veiligheidstoerusting;
- Fietsonderhoud;
- Liggaamsposisionering en die opstel van die fiets self;
- Vaardighede en ‘n praktiese sessie.
Die kliniek het afgesluit waar deelnemers sertifikate en geskenkpakkies ontvang het en hulle borge bedank het.
Die Wildehonde-fietsrygroep het 'n fietsrykliniek by Laer Volkskool aangebied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’