DUIWEWEDVLUGTE NUUS - Duiweboere van die Mosselbaai Posduifklub se geveerdes het die afgelope Saterdag besonder goed vertoon in die onderskeie wedvlugte vanaf Victoria-Wes (332km).
Dit was egter Fanie Mollentze wat die wenresep gehad het met sy duiwe, wat aan hom die eerste plekke in beide die jaaroud- en ope-vlugte losgevlieg het.
Hy neem die eerste twee plekke in die jaaroud-wedvlug in en klop Hannes Grové (Boemerang) in die derde plek met amper drie minute. Gert Wessels en Danie Barnard blaas in Hannes se nek en neem onderskeidelik die vierde en vyfde posisies in.
Gert se duiwe stel nie teleur nie en neem vir hom die tweede plek in die ope-wedvlug in met Danie, Daan Stander en Corrie Naudé in onderskeidelik die derde tot vyfde plekke.
Voorsitter Faunty Gillmer ryg die plekke in die sprint-wedvlug in wat die Vrydag, ook op Victoria-Wes, gelos is, in maar word deur Boemerang uitoorlê wat die eerste plek inneem en hom met 23 sekondes klop.
In die junior afdeling behaal Zante Strydom en JW Schutte beide baie goeie eerste plekke in onderskeidelik die jaaroud- en ope-wedvlugte en klok hulle wenners lank voor meeste van die senior lede se duiwe.
Zante Strydom met sy wenner.
Uitslae
Senior jaaroud: Mollentze Hokke (1, 2, 15, 27, 29); Boemerang (3, 6); Gert Wessels (4, 18); Barnard Lofts (5, 7, 8, 9, 19); Corrie Naudé (10, 22, 25, 28); R&R Lofts (12); Chapmar (13, 24, 30); Anouk (14, 20); Van Eeden Lofts (16, 17); Sinkfontein Hokke (21); Gillroy (23, 26).
Senior ope: Mollentze Hokke (1, 11); Gert Wessels (2, 8); Barnard Lofts (3, 19, 20); Daan Stander (4); Corrie Naudé (5, 23); Anouk (6, 7, 16); Jerry van der Mecht (10); Alan Gray (12, 24, 26, 27); Boemerang (13, 22, 25); Alfie Ladson (14, 15, 17); Gillroy (18, 28); Van Eeden Lofts (21); Le Grange Hokke (29); Hartman Hokke (30).
Sprints: Boemerang (1, 5); Gillroy (2, 3, 4, 10, 15, 16); Van Eeden Lofts (6); Corrie Naudé (7, 8, 28, 29); Tol Nel (9, 17, 18); Mollentze Hokke (11, 12, 14, 19, 20, 22); Hartman Hokke (13); Capes Lofts (21); Alan Gray (23, 26, 27); Alfie Ladson (24, 25, 30).
Junior jaaroud: Zante Strydom (1, 2); Tashinga Kadye (3, 5, 7, 8); JW Schutte (4); Carel Grové (6).
Junior ope: 1. Carel Grové (1, 2, 4); Tashinga Kadye (3); Zante Strydom (5, 7, 9), JW Schutte (6, 8); Marzaan van der Linde (10).
Hierdie duif van Hannes Grové het die sprint wedvlug gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’