Video
CRADOCK NUUS EN VIDEO - Die inwoners van die Erica Sentrum op die terrein van die Elizabeth Jordaantehuis in Cradock het besluit om laat gistermiddag die Kaapse Klopse na te doen, en elkeen het ñ instrument prakseer waarmee hul al singende en spelende na die hoofgebou gestap het.
"Hier het ons heerlik onder die koeltebome die oujaar met feestelikheid afgesluit.
Selfs die wat as gevolg van pyne en ongerief moeilik beweeg, het meegedoen in die Gees van ñ blink nuwe 2023 waaroor elkeen van ons soos kinders opgewonde is," deel Marietjie Opperman, inwoner en fotograaf mee.
VIDEO - Inwoners van die Erica Sentrum vier nuwe jaar
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'