GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet se Laer Volkskool koshuiskinders het op 24 September ’n onvergeetlike Erfenisdag saam met die Rapportryers gevier.
Die dag was propvol opwinding, lag en tradisionele boeresport wat almal behoorlik aan die gang gehou het!
Na die energieke aktiwiteite het die kinders heerlik rondom die vuur gekuier en ’n smaaklike braai geniet - die perfekte manier om die spesiale dag af te sluit.
Laer Volkskool is opreg dankbaar teenoor die Rapportryers van Graaff-Reinet wat hul koshuiskinders só bederf het met ’n dag vol pret en gees.
Sulke oomblikke maak die koshuislewe vir die kinders nóg meer spesiaal en onvergeetlik.
Erfenisdag 2025 sal beslis ’n herinnering wees wat vir jare in hul harte sal bly!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’