GRAAFF-REINET NUUS - Die geldkoffers van 'n tehuis vir bejaardes in Graaff-Reinet het geswel ná 'n goedgunstige bydrae deur 'n plaaslike motorfietsklub.
Die Wanted-motorfietsklub het 'n funksie aangebied by Klub Libertas ten bate van Huis van de Graaff.
Volgens Normari Holtzhausen van die Wanted-motorfietsklub, was die byeenkoms op Saterdagaand, 14 April, baie suksesvol in dié opsig dat 'n groot bedrag geld ingesamel kon word.
"Elke bydrae van dié aard word ontsettend waardeer," het 'n personeellid van die tehuis gesê.
Die Wanted-motorfietsklub het al die mense en instansies bedank wat 'n bydrae gelewer het om 'n sukses van die byeenkoms te maak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'