GRAAFF-REINET NUUS - Chris Engelbrecht, programbestuurder vir die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, evalueer tans dienslewering aan dorpe en sy het onlangs die Integrated Community Registration Outreach Programme (Icrop) en deelnemende rolspelers in Graaff-Reinet wat onderneem om geïntegreerde dienste aan verafgeleë gebiede te bring.
Hierdie dienste sal op wiele wees. Icrop beloof eenstop, mobiele dienslewering aan landelike gebiede.
Nooit weer sal dit nodig wees om te loop van binnelandse sake vir 'n geboortesertifikaat na Sassa om aansoek te doen vir 'n toelaag, wat jou op hul beurt na Saps stuur om dokumente te sertifiseer.
'n Besoek aan maatskaplike ontwikkeling word ook dikwels vereis wanneer daar vir Sassa aansoek gedoen word. 'n Besoek aan die departement van gesondheid is ook nodig om ouderdom te verifieer of mediese ongeskiktheid te bepaal.
Dan moet daar nog 'n bankrekening oopgemaak word vir die betaling van die toelaag.
Vir plaaswerkers in die verafgeleë platteland kan dit jare neem voordat alle dokumentasie gereed is om aansoek te doen vir 'n toelaag.
Neem ook in ag dat hierdie mense verlof neem vir elke besoek om slegs een papier per dag te kry en dan is die rye dikwels so lank dat hul nooit voor kom nie.
"Die onkoste om toegang tot al die dienste te kry is hoog en buite die kwessie as so 'n aansoeker werkloos en arm is.
Wanneer dit te duur raak, dan gaan mense daarsonder," sê Engelbrecht. "Icrop gaan al dié sisteme integreer om aansoekers behulpsaam te wees."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’