GRAAFF-REINET NUUS - Die damwalpomp van die Nqwebadam sal Saterdag 15 Julie van 8:00 tot 17:00 afgeskakel word, en word inwoners versoek om net genoeg water te tap om aan hulle basiese behoeftes vir die dag te voorsien.
Dr Beyers Naudé-munisipaliteit sê dat daar dringende herstelwerk aan die hoofpomp by die damwal gedoen gaan word, en sal dit die gewone toevoer van die water negatief affekteer.
Die volgende areas sal geaffekteer word, Umasizakhe, Horseshoe, Kroonvale, Spandauville, Bergendal Adendorp, Santa Ville, Wolwas en Asherville
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’