OOS-KAAP NUUS - Drie 14-jarige seuns en 'n 51-jarige man het laat Saterdagmiddag, 10 Mei, in 'n padongeluk digby Oos-Londen gesterf terwyl 'n bykomende 14 seuns beseer is en hospitaalbehandeling moes ontvang.
Volgens Unathi Binqose, mediawoordvoerder van die Departement van Vervoer, blyk dit dat die bakkie waarin hulle gereis het, omgeslaan het nadat die bestuurder, die 51-jarige man, beheer verloor het op die N2 tussen Beacon Bay en Gonubie.
Volgens omstanders is alle verkeer tydens die opruiming van die ongelukstoneel na die grasstrook tussen die twee bane herlei.
Mediese dienste en verkeersbeheerpersoneel was op die toneel.
Daar word beweer dat die oorledenes verbonde was aan 'n sokkerspan wat in 'n dubbelkajuitbakkie op weg was vanaf die Bunkers Hill-sokkerstadion na Gonubie nadat hulle aan 'n wedstryd deelgeneem het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’