HOFMEYR NUUS - Die Chris Hani Gemeenskapsaal in Eluxolweni, by Hofmeyr, was op 27 Maart van vroeg af bedrywig toe die staatsveeartse van Nxuba en Komani 'n dierekliniek daar kom aanbied het.
Leerders van verskeie skole wat hul eksamens klaar afgelê het en reeds tuis was, het met groot opgewondenheid hul geliefde troeteldiere aangebring, sommige kilometers ver.
Drs Greg Cumming, Caylin Fourie en Ockert Kellerman was druk besig en 30 dierepasiënte is behandel.
Die kliniek het geen sterilisasies hanteer tydens hierdie besoek nie.
'n Plaaslike diereliefhebber, Lin Opperman, en haar regterhand, Trevor Barnes, het alle reëlings en hulp behartig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’