GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Woensdagoggend, 23 Januarie, is een van die Edenhof Dienssentrum in Graaff-Reinet se personeellede vir jarelange diens vereer.
Angeline Jack, die kok by die tehuis, lewer reeds vir die afgelope 30 jaar getroue diens by Edenhof.
Angeline is dus deur die Edenhof Dienssentrum se voorsitter, Christo Vorster, verlede week met ‘n sertifikaat beloon vir haar toewyding.
“Dankie Angeline, ons waardeer jou en is dankbaar dat jou paaie jou na Edenhof gelei het,” het Vorster tydens die oorhandiging gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'