GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Landbouskool Marlow se ATKV-jeugtak het onlangs lekker gaan kuier by Baroda Primêr om die Kersfeesgees onder leerders te versprei.
Marlow se gelukbringer, die Ram, se besoek het vir groot opwinding gesorg.
Baroda Primêr bedien leerders rondom Baroda en die Visrivier Besproeiingplase en is geleë langs die N10 Cradock na Middelburg.
Die skool is die grootste plaasskool in die Oos-Kaap en is 275 leerders sterk.
Hulle bied Afrikaans en IsiXhosa Huistaal en Engels Eerste Addisionele Huistaal vir gr. R tot g r. 6.
"Dit was vir Baroda 'n voorreg om die ATKV-jeugtak van Marlow te ontvang en die leerders het nog vir lank gesels oor die besoek van die Ram," vertel skoolhoof Hanlé Nel, 'n boorling van die distrik. "Marlow het ook talle donasies afgelaai wat voorwaar die Kersfeesgees versprei het."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’