CRADOCK NUUS - Sewe matriekmanne het by Hoërskool Cradock se matriekafskeid op 19 Maart, by Jenkins Creek buite Cradock onthou dat hulle in 2019 by Laerskool Cradock se gr. 7-afskeidsokkie vir 'n foto poseer het.
Daar en dan het hulle besluit om op die ingewing van die oomblik dié foto te herskep. "Ons seuns is al van voorskool af saam.
Die sewe vriende in gr. 7.
"Ons gesin het egter na Kimberley verhuis net voor ons seun, Aidan du Plessis, se gr. 8-jaar, maar hy word toe deur 'n skoolvriendin, Almae Willard, wat 'n matrikulant by Hoërskool Cradock is, gevra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan, en dit het die sewe vriende kans gegee om weer heerlik op te vang," vertel Mariska du Plessis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’