GRAAFF-REINET NUUS - Die derde episode van Karoo-kombuis speel hom af in die huiskombuis van Almare Fourie, eienaar van die bekende Pioneers Restaurant in Graaff-Reinet.
Haar gaskok is Melissa Adams en dié twee bring in die program hulde aan die Italiaanse krygsgevangenes wat lank gelede 'n baie nou verbintenis met die Karoo en sy mense gehad het. Onnodig om te sê dat pasta deel gaan vorm van vanaand se spyskaart.
Alamre is die gasaanbieder van Karoo-kombuis. Die program is daarop gemik om kykers blootstelling te gee aan die wonders wat die Karoo bied.
Onopgesmukte tradisionele Karoo-disse word deur plaaslike gaskokke - en 'n paar uitmuntende sjefs - voorberei en die episodes word by verskillende restaurante, gastehuise en selfs op 'n plaas en die bekende Drostdy Hotel in Graaff-Reinet opgeneem.
Elkeen het sy eie tema en spog met 'n spesiaal gedekte tafel vir ses genooide gaste.
Maar kom kyk gerus op Via vandag om 17:00 op kanaal 147 op DSTV daarna om te sien wie is die plaaslike genooide gaste wat gaan aansit vir 'n heerlike Karoo-kuier.
Met 'n Italiaanse tema, wat anders as pasta op die spyskaart. Met Almare Fourie aan die stuur kan kykers 'n interessante ervaring verwag - soos dié pasta op klerehangers. Maar gaan kyk liewers self.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'