GRAAFF-REINET NUUS - Die nuutverkose voorsitter van die Oos-Kaapse NG Sinode is dr. Dewald Davel, 'n predikant gevestig in Molteno.
Davel is verkies tydens die vergadering van die NG Sinodale Kommissie op 14 November.
Hy is 'n deurwinterde en ervare predikant en kerkleier.
Davel is sedert 2006 leraar van die kombinasie Molteno en Sterkstroom. Sy doktorale proefskrif het oor vernuwende kerkreg gehandel.
Hy volg dr. Chris van Wyk op wat op 10 Oktober as lid van die kommissie bedank het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’