GRAAFF-REINET NUUS - 'n Sakeman van Cradock het die nuwe jaar vir die Cradock Diereskuiling op 'n positiewe noot laat begin.
Danie Gerber, diereliefhebber en bekende weldoener in Cradock, het hom ontferm oor die skuiling se enigste voertuig.
Bakkie, soos almal by die skuiling van die betroubare voertuig praat, het onder andere twee nuwe "skoene" present gekry.
"Oom Danie het twee nuwe bande opgesit en die vonkproppe vervang. Hy het ook die uitlaatstelsel heeltemal herstel," vertel Karin Human, bestuurder by die skuiling.
"Ons ry seker so 10 000 km 'n jaar om diere van hulp te wees, en die bakkie is 'n groot aanwins vir die skuiling."
"Bakkie was só welkom terug en die skuiling is ongelooflik dankbaar. Geld is altyd skaars by die skuiling," sê Human.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’