CRADOCK NUUS - Cradock Voorbereidingskool het van 15 tot 17 September partytjie gehou om hul 80ste bestaansjaar te vier.
Die skool is op 25 Januarie 1943 gestig en het oudleerders en -personeellede sowel as ouers van die huidige skoliere die geleentheid bygewoon.
Die oudpersoneellede is deur die huidige leerders met voordrag, stories en die Cradock-Voorbereidingskool se koor vermaak. Sheri Brynard, motiveringspreker, het op 16 September tydens die formele verjaarsdagfunksie as gasspreker opgetree, terwyl die dogters die geleentheid gehad het om koekies in 'n aparte lokaal te versier.
Vrydagaand het die oudleerders, pappas en seuns gekamp en gebraai op die rugbyveld.
Die naweek is tydens die kerkdiens op 17 September in die NG Kerk Cradock-Noord afgesluit en het die skoolkoor weer die geleentheid gehad om op te tree.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’