CRADOCK NUUS - Lexie Fourie (12), ’n leerder van Laerskool Cradock en plaasnooi van Waterlea Dairy, het onlangs saam met haar getroue spanperd, Waaksaam Memoir, aan die Sanesa-toelatingswedrenne in Cradock deelgeneem.
Hofmeyr en Cradock Laerskool spog met dié twee wat altesaam agt eerste plekke en twee tweede plekke behaal het.
Lexie en Waaksaam Memoir het aan die ‘Performance’-, die ‘Equitation’-, die ‘Show Hack’-, die ‘Utility in Hand’- en die ‘Western Pleasure’-klasse deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’