CRADOCK NUUS - Cradock Voorbereidingskool is uiters trots op sy drie ster-gimnaste, Lianke Kemp, Jana du Preez en Chae Smith, wat op 30 Augustus puik uitslae behaal het by die 2025 Oos-Kaap Gimnastiekassosiasie se distrikskwalifiserende kompetisie vir ritmiese gimnastiek in Gqeberha.
Al drie het met hul grasie, styl, selfvertroue en deursettingsvermoë vir Chris Hani-distrikskleure gekwalifiseer.
Cradock Voorbereidingskool is ongelooflik trots op hulle.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’