CRADOCK NUUS - Agt van die NOK Shotokan Karate-akademie in Cradock se studente het onlangs aan die Wêreldunie vir Karatefederasies (WUKF) se Oos-Kaapse opekampioenskappe in Makhanda deelgeneem.
Die kompetisie is deur sensei Gary Grapentin en sy span van East Cape Shotokan Ryu gereël.
NOK Shotokan behaal ’n sewende plek onder die top 10 klubs wat deelgeneem het.
Die WUKF se nasionale kampioenskappe vind op 3 tot 6 April by die Boardwalk-hotel en -konferensiesentrum in Gqeberha plaas, asook die Afro Asia-ope.
Talle internasionale groepe neem gewoonlik deel.
Die uitslae vir die klub was soos volg:
• Drehan Blignaut: seuns, 11-12 jaar (wit/oranje gordel)
Kata - goud
Kumite - goud
• Dean Tam: mans, 18-35 jaar (groen/pers gordel)
Kata - goud
Kumite - silwer
• Mclee Miners: seuns, 11 jaar (groen/pers gordel)
Kata - goud
Kumite - goud
• Thinus de Lange: mans, 36-49 jaar (wit/oranje gordel)
Kata - goud
Kumite - goud
• Jean Blignaut: seuns, 13 jaar (wit/oranje gordel)
Kata - silwer
Kumite - brons
• Lize Swartz: vroue, 36-49 jaar (wit/oranje gordel)
Kata - silwer
• Adri Blignaut: vroue, 36-49 jaar (wit/oranje gordel)
Kata - brons
Kumite - brons
• Steyn de Lange: seuns, 9-10 jaar (wit/oranje gordel)
Kata - brons
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’