GRAAFF-REINET NUUS - Alumni van Cradock Hoërskool, onder voorsitterskap van oud-soldaat Charles Garth, het Sondag 10 November, weer soos elke jaar, tydens hul herinneringsdag-byeenkoms eer betoon aan oudleerders en -inwoners van Cradock wat op verskeie slagvelde gesneuwel het.
Herdenkingsdag word jaarliks wereldwyd op die 11de uur van die 11de dag van die 11de maand gevier.
Dit is die herdenking van Wapenstilstanddag in 1918, toe die Eerste Wêreldoorlog geëindig het.
Die gasspreker, die bekende geskiedkundige, dr Dean Allen, het ‘n roerende huldeblyk gelewer aan oudsoldate - in besonder aan diegene wat tydens hulle diens aan Suid-Afrika dood is.
‘n Formele kransleggingsgeleentheid is ook gehou.
In die skoolmuseum is daar ook ‘n volledige ererol met die name van oudleerders van Cradock Hoërskool, Cradock Hoër Handelskool, en Cradock Hoër Seunsskool wat tydens diensplig en in oorloë gesterf het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’