CRADOCK NUUS - Cradock Hoërskool is besonder trots op Bianca Duvenage wat die Griekwas o. 19-netbalspan tydens Bokkieweek verteenwoordig het.
Bokkieweek is van 2 tot 11 Julie in Naboomspruit (Mookgophong) gehou.
Die Bokkieweek-netbalspan het vanaf 2 tot 7 Julie ’n oefenkamp gehad, en die wedstryde het van 8 tot 11 Julie plaasgevind.
Die Griekwas o. 19-netbalspan het teen 15 ander unies meegeding.
Duvenage is as onderkaptein aangewys en het in die meeste van die wedstryde as kaptein opgetree. Sy is later as die beste o. 19 Griekwas-netbalspeler aangewys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’