CRADOCK NUUS - Hoërskool Cradock (CHS) se eerste netbalspan het op Saterdag 16 Maart deelgeneem aan Die Koöperasie-sportdag wat deur Hoërskool Kirkwood aangebied is.
CHS speel eerste teen Hoërskool Gill as opponent en wen met ‘n doel en 'n telling van 11 - 10.
In die tweede wedstryd teen St. Colmcilles van Kirkwood wen CHS met 18 doele teenoor 12. Humansdorp was volgende op die lys en wen Cradock weer met 'n telling van 13 - 8.
Die laaste wedstryd van die dag het direk daarna plaasgevind en CHS wen met ‘n eindtelling van 16 - 14 teen Hoërskool Spandau van Graaff Reinet.
Die eerste netbalspan het puik gevaar tydens die Koöperasie-sportdag in Kirkwood. Voor, van links is Shani Coetzee en Carli Nel. Agter: Ineke van der Merwe, Bianca Duvenage, Caitlin van Vuuren, Bernie-Leigh Bruintjies, Sumoné Halgreen, Salusiwe Mali, Nakeesha Alexander en Fatima Bosch.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’