GRAAFF-REINET NUUS - 'n Groot verrassing was aan die orde van die dag toe die Landbouweekblad op 18 Desember op die rak verskyn.
Savannah Michau, 'n 7-jarige boerenooi en leerder by Cradock Voorbereidingskool, sit met haar skilderbokkie-hanslam op die voorblad!
Savannah is baie lief vir al die diere op die plaas en as sy nie met haar henne en hane uit haar ma se Karoo Plume-boerdery rondstap nie, oes sy vars groente uit die groentetuin.
Elkeen van haar ma se hoenders kry 'n naam en sy weet wie is wie.
Haar melkkoei, Buttercup, het onlangs vir groot opgewondenheid gesorg toe sy 'n nuwe kalfie gehad het en haar ponie, Princess Sweetness, bly 'n absolute gunsteling.
Bowenal weet die boerenooi van kaasmaak en ken elke kamp op die plaas!
'n Cradock-boerenooi is Landbouweekblad se 26 Desember voorbladnooi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’