CRADOCK NUUS - Hoërskool Cradock se eerste hokkie- en rugbyspanne het onlangs aan die Union High School Festival in Graaff-Reinet deelgeneem.
CHS se spanne het baie goed gevaar en die skool se naam hoog gehou.
Hokkie
Die volgende uitslae is in afdeling C behaal:
CHS wen 5 - 1 teen Riebeeck College
CHS wen 4 - 1 teen Hoër Volkskool
CHS verloor 0 - 10 teen Oranje Meisieskool (2de span)
CHS speel gelykop (1 - 1) teen Pearson (2de span)
Die dogters het derde in hul afdeling geëindig en moes teen Kingsridge High School speel, waar hulle ongelukkig 3 - 5 verloor het.
CHS moes toe vir die 11de plek speel teen Nico Malan.
In die eerste kwart het CHS ’n doel aangeteken, en in die derde kwart het Nico Malan ’n gelykopdoel behaal.
Ná die wedstryd is daar besluit dat die spanne deelneem aan ’n 8-sekonde skietkompetisie, waar spelers en doelwagters mekaar moes uitoorlê om doele aan te teken.
CHS het dit 3 - 2 gewen en daarmee die wedstryd teen Nico Malan beklink.
Die CHS-meisies eindig dus 11de uit 20 skole.
Rugby
CHS het Saterdag buite Oos-Londen teen Lilyfontein te staan gekom.
Ten spyte van verskeie beserings het die span 'n skitterende wedstryd gespeel en 'n oorwinning van 30 - 15 behaal.
Die seuns het Maandag die Hoërskool Grey van Gqeberha aangedurf. Dit was 'n taai wedstryd, en alhoewel hulle hard baklei het, het hulle 6 - 12 verloor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’