CRADOCK NUUS - Hoërskool Cradock se topvier seuns- en dogterstennisspelers het onlangs aan die Merrifield-tennistoernooi in Oos-Londen deelgeneem.
Die seuns het teen Selborne College, Stirling High School, St Andrews en Kingswood gekompeteer en behaal vyfde plek in die toernooi.
Die dogters het teen DSG, Merrifield, Clarendon High School en Stirling High School gekompeteer en 'n algehele eerste plek in die toernooi behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’