GRAAFF-REINET NUUS - Die skokkende nuus van Chris Hayman, gerespekteerde arbeidskonsultant van die area, se afsterwe die oggend van die 15de April, het sy familie, vriende en kliënte hartseer en sprakeloos gelaat.
Chris het in die vroëe tagtigs Graaff-Reinet toe getrek uit die Paarl.
In sy jonger dae het hy rugby en krieket gespeel vir die dorp en vinnig ‘n geliefde vriend onder menigte geraak. Hy was eers werksaam by die Departement van Arbeid en het in die middel negentigs sy eie arbeidskonsultasie-kantoor oopgemaak wat die hele Karoo-area gedien het. Met al Chris se jare van ervaring en kontakte sal ‘n groot leemte gevul moet word in hierdie gebied.
Chris word oorleef deur sy vrou, Erina, en sy twee dogters Coreen van der Merwe en Janet Minnaar wat in Stellenbosch en Somerset-Wes woonagtig is. Hy het ook drie kleindogters vir wie hy tydens vakansies heerlik bederf het.
Chris se begrafnis vind plaas op Vrydag, 3 Mei om 10:00 in die Groot Kerk waartydens sy lewe gevier sal word.
Hy het ‘n vol en gelukkige lewe gelei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’