GRAAFF-REINET NUUS - Casper (Kiepie) Coetzer, boorling van Hofmeyr, is aangewys as die beste matrikulant in die Chris Hani Wesdistrik by die provinsiale toppresteerders seremonie in Oos-Londen.
Die geleentheid is bygewoon deur premier Oscar Mabuyane en onderwysminister Siviwe Gwarube.
Een van Coetzer se pryse is die Dr Soyisile Nuku-beurs wat sy ingenieursstudies ten volle dek.
Hy is by die Universiteit van Pretoria aanvaar om vanjaar Metallurgiese Ingenieurswese te studeer.
Coetzer het sewe vakonderskeidings behaal met 'n gemiddeld van 90,33%:
• Afrikaans Huistaal 87%
• Engels Addisionele Taal 84%
• Wiskunde 89%
• Lewensoriëntering 80%
• Rekeningkunde 96%
• Lewenswetenskappe 93%
• Fisiese Wetenskappe 93%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’