Gallery Video
GRAAFF-REINET NEWS & VIDEO - Die droë Karoo en veral Graaff-Reinet is Maandag 8 November geseën met deurdringende reën.
Tot 65 mm is in die dorp gemeet en net buite Graaff-Reinet staan daar plek-plek plasse water.
‘n Reënboog het Maandag oor die Camdeboo Nasionale Park verskyn nadat goeie reën in Graaff-Reinet en omstreke uitgesak het.
Die goeie reën wat in die Camdeboo Nasionale Park uitgesak het, sal groot verligting bring vir die diere en die dorre veld.
Sien 'n kort video van rooi hartebees wat uitbundig oor die pad hardloop nadat goeie en deurdringende reën in die Graaff-Reinet-distrik en omstreke uitgesak het.
Video: Rooi hartebees hardloop oor pad
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'