KAROO NUUS - Die koue het niemand tuis laat bly nie. ñ Rekord aantal vroue, 15 in totaal, het op Saterdag, 8 Junie, in ysige koue, opgedaag by Hagenhuis in Burgersdorp, om Wêreld Brei-in-die-publiekdag" te vier.
"Ons brei heeldag, by Hagenhuis," vertel Jolindy Dreyer, die organiseerder, "en ons het heerlik geklets en gekuier op die koue dag!"
Ywerige breiers het geserp, gehandskoen en gemus opgedaag vanaf, Bugersdorp- en omliggende distrikte opgedaag, met breisakke en bolle wol. Melandri Pagel en Nicolene van der Walt was gereed vir die toeloop, en warm varsgebakte muffins en skons, en stomende koffie en rooibostee was dadelik beskiknaar, terwyl die kaggels gesellig geknetter het met doringhout uit Hofmeyr!
"Dit was heel gesellig, hoor! Ons het lekker om die tafel gesit en brei en hekel. Die hoofdoel was om van ons troosteddies te brei, en blokke vir komberse," vertel ñ borrelende Misha Nel van Heavenly Home in Burgersdorp.
"Ons het ook 'n gelukkige trekking gehad, met 'n papiertjie onder een van die gaste se stoele. Bets Marx het 'n pak lekkerruik badbomme gewen. Dit was voorwaar 'n wonderlike oggend gewees."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’