KAROO NUUS - Motoriste wat tans op die N10 staan, het laat weet dat daar tans opruimingswerk gedoen word, nadat 'n groot vragmotor buite Paterson aan die brand geraak het.
Verkeer staan glo vir kilometers vêr. Die Advertiser het 'n navraag gerig oor die stand van sake en sal berig sodra verdere inligting verkry is.
Vroeër vandag was daar glo ook 'n oponthoud in die Olifantskoppas, nadat 'n trok omgeval het, en sy vrag verloor het. Dit het glo veroorsaak dat verkeer vir twee ure vertraag was terwyl die terrein opgeruim is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’