KAROO NUUS - Schoombee Primêr, tussen Hofmeyr en Molteno, was onlangs 'n miernes van bedrywighede en dit het nie ongesiens verbygegaan nie.
Te midde van groot opgewondenheid en talle nuuskierige agies, het Braam du Plessis van Juriesbaken verlede week die skool met sy slootgrawer-laaigraaf-trekker (TLB) besoek om groot grondverskuiwingswerk vir die skooltjie te doen.
Daar is verlede week 'n ruim stortingsgat agter die hoë heinings vir die vullis by die skool gegrawe, asook talle afloopvore om die dreineringstelsel te herstel wat reeds vir maande groot probleme skep.
"Braam het die skool 'n groot guns gedoen, en die gr. R-klas was gefassineerd om die geel masjien te sien werk," vertel skoolhoof Elna Jordaan.
"Mens kan net wonder watse stories dié klein mensies vanmiddag tuis gaan vertel."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’