Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - 'n Trok het vanoggend sy swaar vrag in Hoopstraat, in die sakekern van Aberdeen, onverwags verloor toe dit om 'n draai gery het.
'n Boormasjien wat op die trok geanker was, het net ná die draai onverklaarbaar van die platbedwa agteraan die trok afgegly en hard met die teerpad kennis gemaak.
Die trok en vrag behoort aan 'n plaaslike sakeman, Danie Verwey. Hy self was ook binne minute op die toneel nadat die ongeluk kort ná 07:00 gebeur het.
Met sagte reën is die pad oppervlak nat en glad. Dit is nog onbekend presies wat die ongeluk veroorsaak het. Niemand is beseer nie.
Die polisie was ook onmiddellik op die toneel en het die verkeer reguleer. Intussen het Verwey en sy kundiges alreeds die boormasjien weer op sy wiele gekry en een kant van die straat is oopgestel vir verkeer.
VIDEO - Die boormasjien word terug op sy wiele getrek.
Danie en kundiges ondersoek die boormasjien vir skade.
Hoopstraat was gesluit vir 'n kort wyle.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'