HOFMEYR NUUS - Nastasha en Shaun Vermaak, van Klipplaatsdrift Lodge, het onlangs vanaf Hofmeyr na Franschhoek gereis vir 'n troue.
Hulle het moeite gedoen om Nastasha se twee boesemvriendinne, sedert skooljare, in die Paarl te gaan opsoek. Louzel (Lombard) Steyn en Tania (Fourie) Viljoen bly beide in die Paarl.
"Ons drie het die Saterdagoggend voor die troue saam spandeer en net weer lekker opgevang op al die ou en nuwe stories. Louzel was nogal altyd 'n boffin met kosmaak, sy bied immers kosmaakklasse aan by Babylonstoren," vertel Nastasha.
"Sy moes dus vir ons ’n heerlike mid-oggendmaal maak in hulle pragtige historiese huis in die Paarl."
Die drie boesemvriende was hul volle skoolloopbane saam op skool, maar al drie het na skool na verskillende stede gegaan waar hulle Universiteit voltooi het. Die drie het nog altyd in kontak gebly en volg mekaar pligsgetrou op Facebook en Instagram as hul nie gereeld gesels nie.
Louzel en Louis Steyn het ’n dogtertjie, Hanna, en Willie en Tania Viljoen het ’n seuntjie, Janru, en Shaun en Nastasha Vermaak het twee dogtertjies, Kara en Gianna.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’