GRAAFF-REINET NUUS — 'n Pragtige blokkieskombers is verlede jaar deur 'n groepie dames met skeppende hande vir uitloting ten bate van die Huis van der Graaff tehuis vir bejaardes in Graaff-Reinet gemaak.
Dié blokkieskombers en die twee bypassende kussingslope bestaan uit honderde verskillende kleure blokkies wat getuig van etlike ure se harde werk.
Die fondse wat geïn is deur die uitloting van die kombers, sal vir die stywing van Huis van de Graaff se koffers toegewend word.
Die kombers is die afgelope paar maande by Pick n Pay in Kerkstraat ten toon gestel en kon kaartjies teen R100 elk gekoop word.
Die trekking het dié week plaasgevind en het een van die tehuise se verpleegsters, Jeanice Säfers en die bestuurder Rita Theron, die wenners getrek.
Die kombers is nou in die besit van trotse Graaff-Reinet-inwoner Klaas Zandberg.
'n Kniekombers - wat gehekel is van suiwer wol en as troosprys uitgeloot is - is deur Burnen Brunette gewen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'