GRAAFF-REINET NUUS - Piet Mulder en Johan Nel het Sondag10 November weer Huis Welverdiend in Jansenville se braaitange afgestof en vir die inwoners sappige tjoppies gebraai - 'n heerlike Sondagete met 'n kinkel.
Rita Matomela en Des Fanella het die gewone groente omtower in 'n heerlike slaai en bedien met varsgebakte broodjies.
Huis Welverdiend beplan ook al lank aan hul eie koffiehuis waar besoekers familie of vriende kan bederf. "Die koffiemasjien is op 15 November amptelik ingewy met 'n bloubessie muffin. Die amptelike opening, met 'n volledige spyskaart, word beplan vir volgende week, 25 November. Die Advertiser is ook uitgenooi," vertel Leoné Mulder, bestuurder van die tehuis.
Vars en fris
In 'n versorgingsoord is inkontenensie 'n realiteit sowel as 'n finansiële uitdaging. Op 13 November het Fourie Lande van Hartmann Vitamed inwoners vertel van hul produk en die demonstrasie was uitstekend.
"Huis Welverdiend is verseker 'n Hartmann-tehuis met geen onaangename reuke, geure en bakteriëe nie en ons is so dankbaar vir die raad en ondersteuning. Hul entoesiasme en geloof in hul produk wys dat dit die beste is. Elke versorgingsoord in Suid-Afrika moet die geleentheid hê om na die personeel van Hartmann Vitamed te luister," sê Mulder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’