KAROO NUUS - Die inwoners by Marais Steynhuis in Steynsburg sit nie met opgehoue asems en wag dat winter wyk nie. Nee, hulle oefen winter weg!
Sr Coyla Southey van die tehuis, kry almal elke dag bymekaar en begin die oefensessie met asemhalingsoefeninge voordat elke spier sterker gemaak word.
"Die oefeninge werp reeds vrugte af," vertel bestuurder Karin Kaltenbrünn. "Ons inwoners is meer beweeglik en geniet die matiger weer in ons groot tuine wat die nuwe seisoen bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’