GRAAFF-REINET NUUS - 'n Raadslid van Hofmeyr Hugs of Hope, suster Crezanè Buys, was Saterdag 7 Desember die koerier van 'n Hugs-donasie na die Steynsburg Hospitaal.
Babakleertjies en -kombersies is afgelewer vir babas wat rondom Kersdag die geskenke sal ontvang.
'n Soortgelyke donasie word ook eersdaags aan die provinsiale hospitaal in Cradock gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’