KAROO NUUS - Die ATKV het verlede week hulle vierde jaarlikse beroepsaand by Hoër Volkskool gehou.
Leerders van Spandau en Ashervillie Sekondêre skole het die geleentheid bygewoon om meer inligting oor loopbane te bekom.
Beroepsleiers van Pretoria, Stellenbosch en George het leerders ingelig oor verskeie loopbaanrigtings.
Leerders is ook ingelig oor die belangrikheid van die regte vakkeuses. Moontlike beurse beskikbaar gestel deur die Rupert Stigting is deur Melissa Brinkhuis bespreek.
Talle leerders was opgewonde oor 'n loopbaan in radiografie en Anschen Coetzer het hulle leiding gegee.
Lee Jaftha het leerdeers oor die voordele van 'n loopbaan in die verkeersdepartement ingelig.
Pieter Pienaar het leerders beroepsleiding gegee in onderwys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’