HOFMEYR NUUS - Twee oudleerders van Laerskool Hofmeyr het besluit om hierdie jaar letterlik terug te "ploeg" in hul alma mater, om Jeugdag vir elke leerder op te helder.
Na samesprekings met die nuwe skoolhoof, Hannes Meintjies, het Matt Philps en Ettienne Roux, 'n trekker, padskraper, graafmasjien en ook 'n aantal arbeiders ingeneem dorp toe om te poog om die speelgrond, rugbyveld, atletiekbaan en netbalbaan weer op standaard te bring.
Heinings, die buite-aansig van die skool en rugbypale is geverf, gras is weer gevestig en het Meintjies beloof om dit in stand te hou.
In 2018 is die personeelkamer se vloer in 'n brandstigtinginsident vernietig - 'n week voor Jeugdag is die vloer verwyder en die nodige herstelwerk onder die vloer gedoen sodat 'n nuwe vloer gelê kan word.
"Ons leerders is opgewonde oor die verbeterings en ek bespeur 'n vlam van positiwiteit in ons skool, ook onder die personeel," sê Meintjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’