GRAAFF-REINET NUUS - Tydens die Julie-skoolvakansie het Alecia Louw van Hoër Volkskool, Graaff-Reinet, as lid van die o.16 EP-hokkiespan aan die provinsiale toernooi by St Anne's Diocesan College in Pietermaritzburg deelgeneem.
Hierdie span het silwer medaljes verower na ’n spannende eindstryd teen die span van "KZN Coastals" met ’n telling van 2 - 4.
Hierdie teenstanders het deur die hele toernooi onoorwonne gebly – wat die EP-span se prestasie nóg meer merkwaardig maak.
Louw se harde werk en talent is beloon toe sy ook verkies is tot die Suid-Afrikaanse o.16-hokkiespan en Hoër Volkskool is saam met haar ongelooflik trots op die prestasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’