CRADOCK NUUS - Die Smiths van Seringstraat no. 2 was baie bekend in Cradock. Dié gesin se nege kinders, twee seuns en sewe dogters, was vir lank almal op dieselfde tyd in Cradock op skool.
En Cradock se eie landdros, Mathilda Smith, is een van die sewe dogters uit die gesin.
Met sussie Riana van Deventer (néé Smith) se 60ste verjaardag het dié kroos weer vir 'n slag bymekaar gekom, want verjaarsdae word sommer ook groot familiereunies en -feeste.
Vanuit verskillende windrigtings het almal die lang pad aangepak na Richardsbaai waar daar die heel naweek feesgevier is.
Mathilda wil hê mense moet weet: "Ons is almal een pa en een ma se kinders!"
Die Smith-susters in ligte luim. In rooi is sussie Riana van Deventer wat haar 60ste verjaarsdag saam met haar ses susters en twee broers gevier het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’