GRAAFF-REINET NUUS — Een van die Weppie Preppie-kleuterskool se geliefde Graad R-juffrouens en jare-lange inwoner van Graaff-Reinet, Marjorie du Preez, het verlede Woensdag, 27 April, die skool na 'n lang, suksesvolle onderwysloopbaan, gegroet.
Du Preez het die laaste 27 jaar byna 800 kleuters in Weppie se Geel-klas gereed gemaak vir die “groot skool”.
Du Preez was baie geliefd onder haar kollegas, die ouers en die kinders. Haar reuse aandeel in die skool gaan baie gemis word.
"Haar deeglikheid en toewyding was vir baie ‘n aansporing gewees om alle take pligsgetrou en deeglik te voltooi," meen Karin van Wyk, Weppie Preppie se skoolhoof.
Die personeel en leerders van die skool het Woensdagoggend op ‘n gepaste wyse afskeid geneem en wens haar net die beste toe vir die toekoms.
Van Wyk dra graag die volgende boodskap van die skool en personeel aan Du Preez oor, “Juffrou Marjorie, ons wens jou talle rustige, gelukkige aftreejare toe. Mag God saam met jou wees waar jy ook al gaan.”
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'