GRAAFF-REINET NUUS — Jo-ané Paulsen, 'n oud-leerder van Hoër Volkskool, het onlangs besoek aan die skool afgelê.
Jo-ané, die dogter van Johan en Anna Nell, het in 1995 by Volkskool matrikuleer.
Tydens haar vyf jaar as hoërskoolleerder by Volkskool het sy diep spore getrap en word sy as 'n ware legende - of te wel Volksie-legende - onder die skool se geledere beskou.
Jo-ané het onder andere die land in hokkie verteenwoordig, was sy 'n top akademiese student en het sy talle rekords in Volkskool se swembad opgestel wat al vir meer as 20 jaar staan.
Vandag is Jo-ané getroud aan Petrus Paulsen, die ma van twee pragtige laerskool dogters en 'n gekwalifiseerde fisioterapeut wat praktiseer in George.
Sy is steeds 'n top atleet wat gereeld deelneem aan Xterra-byeenkomste en driekamp. Sy beoog ook om eendag die Otterpad binne een dag kaf te draf.
Tydens haar onlangse besoek aan haar alma mater en sy kennis gemaak met Volkskool se nuutste swemster Lizandri Crewe-Brown.
Lizandri het by die skool se onlangse swemgala Jo-ané se 22-jaar-oue rekord in die 200m Vryslag verbeter.
Dié twee het vir die pret 'n 'Legend teen die Young Pretender'-reisies gehou waar hulle in die 50m Vryslag-item teen mekaar geswem het.
Die video hiervan is op Hoër Volkskool se Facebook-blad gelaai.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'