GRAAFF-REINET NUUS - ’n Kind wat oor ’n lang tyd heimlik deur ’n sterker een afgeknou word, is dikwels so vasgevang in ’n web van vrees dat hy nie maklik self die grootmense van die boelie in sy lewe sal vertel nie.
Dit is waarom Dianne Bertram onlangs met Laer Volkskool se Graad 1, 2 en 3-leerders gesels het oor 'boelies'.
Bertram het die kinders ingelig oor wat 'n boelie eintlik is en wat om te doen as hulle geboelie word.
Al die klasse is uitgedaag om 'n plakaat oor boelies te maak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'