GRAAFF-REINET NUUS— Narsingstraat Primêt het onlangs kaartjies uitgeloot vir 'n gelukkig trekking waar kruideniersware op die spel was.
Die geld geïn sal die skool se geld-koffers aanvul.
Die wenners is die pas afgelope Maandag getrek. Die wenner van die eerste prys is Fernon Kiebie van Sirkelrylaan - sy het 'n kruidenierswaregeskenkpak ter waarde van R750 gewen.
Die tweede prys is gewen deur Joan Fletcher van Vygiestraat - sy ontvang 'n kruidenierswaregeskenkpak ter waarde van R600.
Die derde prys is gewen deur Zayveyr Lewack van Kappertjiestraat - hy ontvang 'n kruidenierswaregeskenkpak ter waarde van R400.
Die skool se hoof, personeel, beheerliggaam en leerders bedank hiermee die breë gemeenskap vir hul ondersteuning en samewerking.
'n Bedrag van R12 400 is met dié inisiatief ingesamel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'