GRAAFF-REINET NEWS — Dr Ben van Tonder word Sondag, 20 Januarie, as voltydse leraar by die NG Grootkerk te Graaff-Reinet bevestig.
Hy hou by dieselfde geleentheid ook sy intreepreek uit Filippense 3 met spesifieke verwysing na vers 8 en 10.
Sy tema vir die oggend is: “Die grootste avontuur ooit,” en in sy preek gaan hy gemeentelede opgewonde maak oor die belangrikste rede vir ons bestaan: die roeping wat God aan elkeen gee!
Dr van Tonder gaan ondermeer sy hart en passie met die gemeente deel, en elkeen oproep om deel te word van die grootste avontuur op aarde.
Na die erediens sal daar ‘n verwelkomingstee met verversings wees, waar Graaff-Reinetters die geleentheid sal kry om Dr van Tonder en sy gesin persoonlik te ontmoet.
Die NG Grootkerk nooi lidmate en inwoners uit om die Woord van God by dié gemeente te hoor en uit te leef.
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'