GRAAFF-REINET NUUS — Die bekende prediker Dr Francois Carr tree van 4 tot 7 Junie op as gasprediker tydens die Pinkster-dienste van die NG Grootkerk-gemeente in Graaff-Reinet.
Die temas van Carr se boodskappe is :
• Sondagoggend om 9.30vm, 4 Junie: Soms wil ons weghardloop...
• Sondagaand, 4 Junie: God se Plan, Plek en Pad.
• Maandagaand, 5 Junie: God se Voorsiening
• Dinsdagaand, 6 Junie: Soms beland ons in a Cul de Sac.
• Woensdagaand, 7 Junie: Verlang jy na meer God en realiteit in jou lewe?
Die aanddienste in die NG Grootkerk-gemeente begin om 6.30nm - 'n koppie sop kan vanaf 6nm elke aand voor die diens geniet word.
Kontak die kerkkantoor by 049 8922422 vir meer inligting
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'