CRADOCK NUUS - Die Vroue-landbouvereniging (VLV) se Sirkel Cradock het op 5 en 6 Maart in Somerset-Oos byeengekom waar die jaarlikse sirkelkonferensie in die kerksaal gehou is.
Hierdie jaar was die 89ste sirkelkonferensie van Sirkel Cradock. Asemrowende tuine rondom die saal en kerk het ‘n lushof geskep het vir die dames om te ontspan tussen die onderskeie sprekers en demonstrasies.
Karen Jordaan het ‘n demonstrasie gelewer oor die maak van carpaccio, sy is bygestaan deur Jean en Melissa Jordaan. Moderne wenke om ’n tafel te dek is ook gedeel.
Somerset-Oos-tak het hierdie jaar met die louere weggestap, en die Tak van die Jaar, sowel as die Verdienstelikheidstrofee ontvang.
Coleen Traut vanaf Hofmeyr VLV-tak, sal voortaan die portefeulje as sameroeper van openbare sake vol staan op sirkelvlak. Sy dien ook as sekretaresse en landbousameroeper by Hofmeyr VLV-tak.
VLV Cradock, waar die sirkel sy ontstaan gehad het 89 jaar gelede, verkeer tans in 'n krisis na die afsterwe van die jare lange en hoogs bekwame voorsitter van die tak, Ria Meyburgh. Die tak is op soek na nuwe jong lede wat met behulp van die moderne manier van doen, ‘n suksesvolle VLV-tak in die dorp kan bedryf.
Belangstellendes kan die Sirkelpresident kontak by 072 765 7709.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’