GRAAFF-REINET NUUS - Hoërskool Cradock is ongelooflik trots op hul stermatrikulant van 2024, Carla Kotze.
Sy het 'n gemiddeld van 88,67% behaal en 7 A's verwerf.
Kotze kry A's vir:
• Afrikaans Huistaal
• Engels Eerste Addisionele Taal
• Wiskunde
• Rekenaartoepassingstegnologie
• Lewenswetenskappe
• Fisiese Wetenskappe
• Lewensoriëntering
Kotze gaan medies aan die Universiteit van Pretoria studeer en is reeds vir die kursus gekeur.
Kotze se topdrie studiewenke:
• Bly elke dag op datum met die werk wat behandel is.
• Begin vroegtydig leer, ten minste die naweek voor 'n toets of eksamen.
• Werk ou vraestelle uit om jouself voor te berei.
Hoërskool Cradock en die dorp se hele gemeenskap is trots op Carla en glo sy gaan groot hoogtes bereik.