HOFMEYR NUUS - Meer as 400 gebreide mussies, 50 teddiebere, 80 paar babakousies en 32 handgebreide truitjies is in die bestek van 'n maand by skole, speelskole en klinieke in Hofmeyr afgelewer om die ysige winter af te weer.
Dié uitreikaksie is begin deur Hofmeyr Hugs of Hope, nadat talle donasies vanuit verskillende oorde ontvang is.
Hannl Cronjé en Karen Swart het 'n ruim bydrae gelewer met vele gebreide mussies, babakombersies, babakousies en teddiebere wat hulle vanuit hul kerk- en kuiergroepe bymekaar kon maak.
Die vroue van die NG Kerk Hartenbos, asook die Bybelstudiegroep, het gebreide en gehekelde mussies, teddiebere en babakombersies gestuur terwyl huis Dirk Postma van Burgersdorp se breigroep 'n vrolike vrag veelkleurige truitjies gestuur het.
Hofmeyr Hugs of Hope het 'n stelsel waar breiwol gratis aan instansies beskikbaar gestel word, veral waar dames graag wil hekel en brei, maar nie toegang het tot wol nie.
In Hofmeyr behoort daar nou geen kinders met koue oortjies of lyfies rond te loop nie, en die bederfgeskenke het ook hul harte wam gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’